Is dit die moeite werd om God te dien Deel4 -Sinvol mens wees

Hierdie reeks artikels is uittreksels uit radiopreke van oorlede Prof J.C.G. (Kolie) Kotze. Ons hoop u vind dit insiggewend en geestelik verrykend.

DIT IS DIE MOEITE WERD — SO ALLEEN KAN ONS SINVOL MENS WEES

Onse Vader ons treur oor die ontwrigting wat sonde in ons menslike lewe kom bewerk het. Ons bid U, herskep ons opnuut na die beeld van ons Heiland en Meester. Ons bid dit in sy Naam.

Matt. 16:24—25: Fil. 1:21: 2 Tim. 3:17.
Wanneer ek praat van sinvol mens wees, dan dink ek aan twee uitstaande kenmerke van die mens in sy gevalle toestand — kenmerke wat hom ongemerk verraai. Hy is eerstens geneig om dit wat sy aansien kan verhoog, aan te gryp. Bewus of onbewus identifiseer hy homself met sulke assosiasies: “Dit is ek daardie!” Van enige negatiewe beeld wat hom kan verneder, distansieer hy egter homself: “Dit is nie ek nie!” Vandaar soveel verskonings om homself uit ‘n vernederende situasie te red. Continue reading “Is dit die moeite werd om God te dien Deel4 -Sinvol mens wees”