Mr Eternity – “Mnr Ewigheid”

Hy het sy beperkte gawes voluit gebruik. Hy was getrou en volhardend daarin. Hy het die tyd uitgekoop. En hy het miljoene op sy manier ge-evangeliseer.

Dis ‘n koue aand in 1956 as die predikant van Burton Street Baptist Church in Sydney die skimagtige figuur van ‘n knielende man raaksien. Dié is besig om iets op die sypaadjie te skryf. “Is jý tog nie Mnr Ewigheid nie!”, roep die pastor uit. Die kerk se skoonmaker kom regop -‘n skraal en besondere kort figuurtjie – en antwoord met ‘n sagte stem: “Ja, ek is die skuldige, meneer!”

Na 26 jaar se gissings is die geheim van “Mr. Eternity” uiteindelik opgelos. Deur die dekades heen was die woord “Eternity” gereeld soggens orals op Sydney se sypaadjies geskryf – ‘n stuk of 500 000 keer in netjiese groot bordkrytletters.

Arthur Stace se verhaal is ‘n uitstaande getuienis oor God se genade vir ‘n sondaar en hoe Hy met die kromste stok die reguitste houe kan slaan. Continue reading “Mr Eternity – “Mnr Ewigheid””