Onlangs het vriende van ons ‘n boekie in ons hand geplaas wat ons geweldig aangespreek het en nog steeds aanspreek en help. Dis ‘n juweel omdat dit so prakties is en dit handel oor ‘n saak waar ek dink meeste van ons Christene vasval. Die boekie is in Engels en uitgegee deur Focus Publications met die Titel “Keeping the Heart – How to maintain your love for God” en geskrywe deur John Flavel (1627-1691)
“Bewaak jou hart” is ‘n klassieke werk oor ons eenheid en gemeenskap met God. Flavel help ons om te verstaan wat dit beteken om jou hart te bewaak (Spreuke 4:23) en hoekom dit so kardinaal belangrik is. Enigeen wat iets van Flavel se lewe weet, sal weet dat hy geleef het wat hy gepreek het en ‘n geliefde predikant was vir sy gemeente in bitter moeilike tye. J.I.Packer skryf: “Flavel was an English Puritan who became a non-conformist after the ‘Great Ejection’ of 1662. It was 10 years before he was licensed to preach again, and then only in his own home. His writings, when collected in the 19th century, filled 6 volumes and are known for their practical nature.” Continue reading “Bewaak jou hart resensie (Bewaak Jou Hart – Deel 1)”
Category: Geestelike Groei
Geestelike Groei
Beklee jou met die Here Jesus Christus (Meer as oorwinnaars Deel 2A)
Die eerste deel (deel 2A) van ‘n transkripsie van die tweede boodskap uit ‘n reeks getiteld “Meer as Oorwinnaars” deur Nico van der Walt.
Wil jy oorwinning hê oor sonde? Ken dan jou vyand van buite en van buite. Maar hoe kry jy oorwinning oor die vyand van binne. Die geheim lê om jou te beklee met jou ware “Oorwinnaar” – Maar hoe?
Continue reading “Beklee jou met die Here Jesus Christus (Meer as oorwinnaars Deel 2A)”
Stryd van Binne en Buite (Meer as oorwinnaars Deel 1A)
Die eerste deel (deel 1A) van ‘n transkripsie van die eerste boodskap uit ‘n reeks getiteld “Meer as Oorwinnaars” deur Nico van der Walt.
Die Christen se Stryd
Efes 6:10-20 (Nuwe vertaling)
“Verder nog dit: soek julle krag in die Here en in Sy groot mag. Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel.
Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die bose magte van hierdie sondige wêreld, teen die bose geeste in die lug. Trek daarom die wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle die stryd tot die einde toe gevoer het, nog op julle pos kan bly staan. Bly dan op julle pos, toegerus met die waarheid as gordel om julle heupe, die vryspraak deur God as borsharnas, en die bereidheid om die evangelie van vrede te verkondig as skoene aan die voete. Daarby moet julle altyd geloof as skild in die hand hê, want daarmee sal julle al die brandpyle van die Bose kan afweer. Sit verlossing as helm op en vat die swaard van die Gees, dit is die woord van God. Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges. Bid ook vir my dat wanneer ek preek, God my die woorde gee dat ek die geheimenis van die evangelie met vrymoedigheid kan bekend maak. Ter wille van hierdie evangelie is ek ‘n gesant in boeie. Bid dat ek dit met vrymoedigheid kan verkondig soos dit my opgelê is.”
Skewe Idees
Efesiërs 6 is seker een van die bekendste gedeeltes in die Nuwe Testament, maar dit is terselfdertyd een van die gedeeltes wat ek dink, waaroor mense die meeste skewe idees oor het, besonderlik in ons dag. Continue reading “Stryd van Binne en Buite (Meer as oorwinnaars Deel 1A)”
Die vrou se verantwoordelikheid in die huwelik – Deel 1
Skrywer: Nico van der Walt
Preek transkripsie: Die vrou se antwoordelikheid in die huwelik. Deel 1.
uit reeks: Man en vrou in die gemeente van die Here
Lees Deel II hier: Deel II
Skriflesing: Efesiërs 5v21-24 (Nuwe Vertaling) “Wees uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig. Vrouens, wees aan julle mans onderdanig, net soos julle aan die Here onderdanig is. Die man is die hoof van die vrou, soos Christus die hoof van die kerk is. Christus is ook die Verlosser van die liggaam, Sy kerk. Soos die kerk aan Christus onderdanig is, moet die vrouens in alles aan hulle mans onderdanig wees.”
Kol 3v18 “Vrouens, wees aan julle mans onderdanig soos dit pas by mense wat in die Here glo.” Titus 2v4-5 “..sodat hulle die jonger vrouens kan leer om liefdevol teenoor hulle mans en kinders te wees, verstandig en kuis, goeie huisvrouens, onderdanig aan hulle mans. Dan sal die Woord van God nie in diskrediet kom nie.”
1 Pet 3v1-6 “Vrouens, julle moet aan julle mans onderdanig wees. As daar van julle is met mans wat nie die Woord van God glo nie, en die mans sien hoe godvresend julle is en hoe voorbeeldig julle julle gedra, sal hulle vir Christus gewen kan word deur die gedrag van hulle vrouens. Dit sal nie eens vir julle nodig wees om ‘n woord te sê nie. Julle skoonheid moet nie bestaan in uiterlike dinge soos haarkapsels, juwele en sierlike klere nie. Nee, julle skoonheid moet dié van die innerlike mens wees: blywende beskeidenheid en kalmte van gees. Dit het by God groot waarde. In die oud dae het die gelowige vrouens wat op God gehoop het, hulle ook so versier: hulle was aan hulle mans onderdanig. Sara, byvoorbeeld, was aan Abraham gehoorsaam en het met eerbied na hom verwys. As julle doen wat goed is en julle nie deur dreigemente laat afskrik nie, is julle haar dogters.”
Die vrou se verantwoordelikheid in die huwelik:
Julle sal onthou ons het tyd gewy in die vorige sessies aan die fundamentele beginsels van die huwelik en die verhouding tussen die man en vrou. Ons het gewerk veral vanuit Genesis 3 en ons het gekyk na die man se verantwoordelikheid in die huwelik. In die volgende sessie wil ek kyk na die vrou se verantwoordelikheid in die huwelik.
Eers wil ek net fundamentele waarhede in plek sit. Kom ek stel dit so, as ons God se ordes ken, tot daardie mate, ken ons God. Beter gestel, hoe meer ons God se ordes verstaan, hoe meer groei ons in ons Godskennis. Dit is ons heel hoogste roeping, om God te ken. Continue reading “Die vrou se verantwoordelikheid in die huwelik – Deel 1”
Die man se verantwoordelikheid in die huwelik – Deel 2
Skrywer: Nico van der Walt
Hier vervolg die transkripsie van die preek, gelewer deur Nico van der Walt, rakende
“Die verantwoordelikheid van die man in die huwelik.” Deel 2.
Kom ons praat bietjie oor die dade:
Dit is interessant dat die apostel Paulus vir ons ‘n klompie riglyne gee as ons versigtig deur die teks lees. Kom ons praat eers oor die wat van die liefde. Kyk na Ef. 5. Julle sal sien waarmee ek nou gaan werk. Ek gaan die Ou Vertaling lees want dit is meer letterlik, vers 25 tot 27 “Manne, julle moet jul eie vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het om dit te heilig, nadat Hy dit gereinig het met die waterbad deur die Woord, sodat Hy die gemeente voor Hom kon stel, verheerlik, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks; maar dat dit heilig en sonder gebrek sou wees”. Hier is 5 werkwoorde wat baie belangrik is. Liefgehad, oorgegee, om te heilig, om te gereinig het en voor Hom te stel.
Continue reading “Die man se verantwoordelikheid in die huwelik – Deel 2”