Wie is ons
Ons Naam
Ons Doel
Ons doel is om multimedia te versprei met die eenvoudige akurate uitleg van die skrif deur predikers wat ons vertrou, wat skrifgefundeerd, Godgesentreerd en Christus gefokus is, wat glo dat die bybel die geinspireerde woord van God is, en wat aan God die eer gee wat Hom toekom want is dit nie Hy wat van begin tot end die inisiatief neem in ons redding nie?
Rom 8:29,30 Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders; en die wat Hy vantevore verordineer het, dié het Hy ook geroep; en die wat Hy geroep het, dié het Hy ook geregverdig; en die wat Hy geregverdig het, dié het Hy ook verheerlik.
Joh 6:37-40 Al wat die Vader My gee, sal na My toe kom; en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie. Want Ek het uit die hemel neergedaal, nie om my wil te doen nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het. En dit is die wil van die Vader wat My gestuur het, dat al wat Hy My gegee het, Ek daarvan nie sal verloor nie, maar dit opwek in die laaste dag. En dit is die wil van Hom wat My gestuur het, dat elkeen wat die Seun aanskou en in Hom glo, die ewige lewe mag hê; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.

Nico van der Walt is die skrywer van die epreke asook sommige ander artikels op hierdie webwerf. As u hom wil kontak rakende inhoud van hierdie artikels kan u hom kontak by die volgende drie blogspots van hom