Vlees of Ou Natuur (Meer as Oorwinnaars Deel 1B)

Die tweede deel (deel 1B) van ‘n transkripsie van die eerste boodskap uit ‘n reeks getiteld “Meer as Oorwinnaars” deur Nico van der Walt.

Die tiperende van ‘n Christen se lewe is dat die nuwe herskepde, Goddelike natuur heers oor die vlees  of die ou natuur, maar dit kom nie maklik nie. Die Stryd teen die ou sondige of vleeslike natuur van binne en die satan van buite is ‘n bloedige stryd
(Deel1B van ‘n transkripsie uit die “Meer as Oorwinnaars” reeks deur Nico van der Walt)

Soos twee honde wat baklei
Vlees teen die gees
Vlees teen die Gees

Jare gelede toe preek ek hier in Pretoria by ‘n plek.  Die aand, na die preek, kom ‘n man na my en sê vir my:   “Ek het vanaand niks verstaan van wat jy vir ons wou sê nie”. Wonder bo wonder nooi hulle my om weer te gaan preek. En die aand besluit ek ek sal baie eenvoudiger preek en ek sal baie meer prakties wees. Toe gebruik ek onder andere ‘n bekende beeld van twee honde wat in ‘n sak baklei. Dis nou as jy twee staffies in ‘n sak toemaak, en daardie twee manne spring aanmekaar, binne in die sak. Destyds was dit nog nie polities verkeerd om te praat van ‘n wit hond en ‘n swart hond nie.

Die mense kon sien hoe baklei die honde, want ek het daar voor hulle net so te kere gegaan om hierdie ding tuis te bring by hulle.  Toe vra ek watter hond wen en ek dink die een ou het toe vir my gesê: “die hond wat die meeste kos kry!”  Dit was ‘n wyse antwoord.  Die aand het ek agtergekom die mense geniet en verstaan die beeld, en hulle nooi my weer om daar te gaan preek. Toe ek ‘n paar maande later instap in die saal was daar ‘n plakkaat met ‘n tekening van twee honde wat baklei, ‘n witte en ‘n swarte, en die witte is bo op die swarte! Toe weet ek, ek het deurgekom. Continue reading “Vlees of Ou Natuur (Meer as Oorwinnaars Deel 1B)”