Die man se verantwoordelikheid in die huwelik – Deel 1

Die man en vrou in die huwelik-reeks Nr. 2.
Skrywer: Nico van der Walt

Die man se verantwoordelikheid in die huwelik Deel 1

(Hierdie is transkripsies van preke deur Nico van der Walt)
Teksverwysings: 1 Kor. 11: 3,7 (3)“Ek wil egter hê julle moet weet dat Christus die hoof is van elke man, en ‘n man die hoof van sy vrou, en God die hoof van Christus. (7) ‘n Man behoort nie iets op sy kop te sit nie. Hy is die beeld en heerlikheid van God, maar die vrou is die heerlikheid van die man”.

Ef. 5:25-33 “Mans, julle moet julle vrouens liefhê soos Christus die kerk liefgehad en sy lewe daarvoor afgelê het. Dit het Hy gedoen om die kerk aan God te wy, nadat Hy dit met die water en die Woord gereinig het, sodat Hy die kerk in volle heerlikheid by Hom kan neem, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks, heilig en onberispelik. Die mans behoort hulle vrouens so lief te hê soos hulle eie liggame. Wie sy vrou liefhet, het homself lief, want niemand het nog ooit sy eie liggaam gehaat nie. Inteendeel, hy voed en versorg dit, soos Christus met Sy kerk doen omdat dit Sy liggaam is, waarvan ons lede is. Daar staan in die Skrif: “Daarom sal ‘n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe, en hulle twee sal een wees. Hierin lê daar ‘n diep geheimenis opgesluit, en ek pas dit toe op Christus en die kerk. Maar dit is ook op julle van toepassing. Elkeen moet sy vrou so lief hê soos hy homself liefhet en ‘n vrou moet aan haar man eerbied betoon”.
Kol. 3:19 (OV) “Manne, julle moet jul vroue liefhê en nie teen hulle verbitter word nie”.
1 Pet. 3:7 (OV) “Net so moet julle, manne, verstandig met hulle saamlewe en aan die vroulike geslag, as die swakkere, eer bewys, omdat julle ook mede-erfgename van die genade van die lewe is – sodat julle gebede nie verhinder mag word nie”.

Inleiding

Ek is gevra om Bybelse lig op hierdie sentrale onderwerp te laat val, nl. die verantwoordelikheid van die man in die huwelik. Almal van julle is nie in ‘n huwelik nie. Moenie dink dat dit nie vir julle relevant is nie. Sommige van julle sal nog in die huwelik bevestig word. Sien agter hierdie lering die wondere en die wysheid van die ordes van God. Alhoewel die preek betrekking het op mans wat in die huwelik is, het dit sekerlik ook relevansie vir die vrouens. Continue reading “Die man se verantwoordelikheid in die huwelik – Deel 1”