Beklee jou met die Here Jesus Christus (Meer as oorwinnaars Deel 2A)

Die eerste deel (deel 2A) van ‘n transkripsie van die tweede boodskap uit ‘n reeks getiteld “Meer as Oorwinnaars” deur Nico van der Walt.

Wil jy oorwinning hê oor sonde? Ken dan jou vyand van buite en van buite. Maar hoe kry jy oorwinning oor die vyand van binne. Die geheim lê om jou te beklee met jou ware “Oorwinnaar” – Maar hoe?

Continue reading “Beklee jou met die Here Jesus Christus (Meer as oorwinnaars Deel 2A)”

Die rol van die vrou in die huwelik

Skrywer: Nico van der Walt
Hier vervolg die preek rakende die rol van die vrou in die huwelik, getranskribeer, in die reeks, Die man en vrou in die huwelik.

“Mans en vrouens is verskillend in hul gedrag, hul gerigtheid, hul samestelling, hul vermoëns, hul prioriteite, hul temperamente en hulle anatomieë. Die vrou het ‘n ander plek in die span. Die man is as kaptein aangewys en die vrou ‘n uiters belangrike spanlid. ‘n Rugbyspan wat net ‘n kaptein het, is niks werd nie. Elkeen van ons is vir sy roeping toegerus. Dit is vanuit die skepping.

Die tweede motivering is vanuit die herskepping. Die apostel sê, “wees onderdanig, soos aan die Here,” dis die herskepping. Continue reading “Die rol van die vrou in die huwelik”

Die vrou se verantwoordelikheid in die huwelik

Skrywer: Nico van der Walt
Hier vervolg transkripsies van die reeks gepreek deur Nico van der Walt, oor die huwelik. In hierdie artikel begin ons met die onderwerp: Die vrou se antwoordelikheid in die huwelik. Deel 1.
Skriflesing: Efesiërs 5v21-24 (Nuwe Vertaling) “Wees uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig. Vrouens, wees aan julle mans onderdanig, net soos julle aan die Here onderdanig is. Die man is die hoof van die vrou, soos Christus die hoof van die kerk is. Christus is ook die Verlosser van die liggaam, Sy kerk. Soos die kerk aan Christus onderdanig is, moet die vrouens in alles aan hulle mans onderdanig wees.”
Kol 3v18 “Vrouens, wees aan julle mans onderdanig soos dit pas by mense wat in die Here glo.” Titus 2v4-5 “..sodat hulle die jonger vrouens kan leer om liefdevol teenoor hulle mans en kinders te wees, verstandig en kuis, goeie huisvrouens, onderdanig aan hulle mans. Dan sal die Woord van God nie in diskrediet kom nie.”
1 Pet 3v1-6 “Vrouens, julle moet aan julle mans onderdanig wees. As daar van julle is met mans wat nie die Woord van God glo nie, en die mans sien hoe godvresend julle is en hoe voorbeeldig julle julle gedra, sal hulle vir Christus gewen kan word deur die gedrag van hulle vrouens. Dit sal nie eens vir julle nodig wees om ‘n woord te sê nie. Julle skoonheid moet nie bestaan in uiterlike dinge soos haarkapsels, juwele en sierlike klere nie. Nee, julle skoonheid moet dié van die innerlike mens wees: blywende beskeidenheid en kalmte van gees. Dit het by God groot waarde. In die oud dae het die gelowige vrouens wat op God gehoop het, hulle ook so versier: hulle was aan hulle mans onderdanig. Sara, byvoorbeeld, was aan Abraham gehoorsaam en het met eerbied na hom verwys. As julle doen wat goed is en julle nie deur dreigemente laat afskrik nie, is julle haar dogters.”

Die vrou se verantwoordelikheid in die huwelik:
Julle sal onthou ons het tyd gewy in die vorige sessies aan die fundamentele beginsels van die huwelik en die verhouding tussen die man en vrou. Ons het gewerk veral vanuit Genesis 3 en ons het gekyk na die man se verantwoordelikheid in die huwelik. In die volgende sessie wil ek kyk na die vrou se verantwoordelikheid in die huwelik.
Eers wil ek net fundamentele waarhede in plek sit. Kom ek stel dit so, as ons God se ordes ken, tot daardie mate, ken ons God. Beter gestel, hoe meer ons God se ordes verstaan, hoe meer groei ons in ons Godskennis. Dit is ons heel hoogste roeping, om God te ken. Continue reading “Die vrou se verantwoordelikheid in die huwelik”

Die man se verantwoordelikheid in die huwelik – Deel 2

Skrywer: Nico van der Walt
Hier vervolg die transkripsie van die preek, gelewer deur Nico van der Walt, rakende “Die verantwoordelikheid van die man in die huwelik.” Deel 2.
Kom ons praat bietjie oor die dade:
Dit is interessant dat die apostel Paulus vir ons ‘n klompie riglyne gee as ons versigtig deur die teks lees. Kom ons praat eers oor die wat van die liefde. Kyk na Ef. 5. Julle sal sien waarmee ek nou gaan werk. Ek gaan die Ou Vertaling lees want dit is meer letterlik, vers 25 tot 27 “Manne, julle moet jul eie vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het om dit te heilig, nadat Hy dit gereinig het met die waterbad deur die Woord, sodat Hy die gemeente voor Hom kon stel, verheerlik, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks; maar dat dit heilig en sonder gebrek sou wees”. Hier is 5 werkwoorde wat baie belangrik is. Liefgehad, oorgegee, om te heilig, om te gereinig het en voor Hom te stel. Continue reading “Die man se verantwoordelikheid in die huwelik – Deel 2”

Die man se verantwoordelikheid in die huwelik – Deel 1

Die man en vrou in die huwelik-reeks Nr. 2.
Skrywer: Nico van der Walt
Die man se verantwoordelikheid in die huwelik Deel 1
(Hierdie is transkripsies van preke deur Nico van der Walt)
Teksverwysings: 1 Kor. 11: 3,7 (3)“Ek wil egter hê julle moet weet dat Christus die hoof is van elke man, en ‘n man die hoof van sy vrou, en God die hoof van Christus. (7) ‘n Man behoort nie iets op sy kop te sit nie. Hy is die beeld en heerlikheid van God, maar die vrou is die heerlikheid van die man”.

Ef. 5:25-33 “Mans, julle moet julle vrouens liefhê soos Christus die kerk liefgehad en sy lewe daarvoor afgelê het. Dit het Hy gedoen om die kerk aan God te wy, nadat Hy dit met die water en die Woord gereinig het, sodat Hy die kerk in volle heerlikheid by Hom kan neem, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks, heilig en onberispelik. Die mans behoort hulle vrouens so lief te hê soos hulle eie liggame. Wie sy vrou liefhet, het homself lief, want niemand het nog ooit sy eie liggaam gehaat nie. Inteendeel, hy voed en versorg dit, soos Christus met Sy kerk doen omdat dit Sy liggaam is, waarvan ons lede is. Daar staan in die Skrif: “Daarom sal ‘n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe, en hulle twee sal een wees. Hierin lê daar ‘n diep geheimenis opgesluit, en ek pas dit toe op Christus en die kerk. Maar dit is ook op julle van toepassing. Elkeen moet sy vrou so lief hê soos hy homself liefhet en ‘n vrou moet aan haar man eerbied betoon”.
Kol. 3:19 (OV) “Manne, julle moet jul vroue liefhê en nie teen hulle verbitter word nie”.
1 Pet. 3:7 (OV) “Net so moet julle, manne, verstandig met hulle saamlewe en aan die vroulike geslag, as die swakkere, eer bewys, omdat julle ook mede-erfgename van die genade van die lewe is – sodat julle gebede nie verhinder mag word nie”.
Inleiding
Ek is gevra om Bybelse lig op hierdie sentrale onderwerp te laat val, nl. die verantwoordelikheid van die man in die huwelik. Almal van julle is nie in ‘n huwelik nie. Moenie dink dat dit nie vir julle relevant is nie. Sommige van julle sal nog in die huwelik bevestig word. Sien agter hierdie lering die wondere en die wysheid van die ordes van God. Alhoewel die preek betrekking het op mans wat in die huwelik is, het dit sekerlik ook relevansie vir die vrouens.
Continue reading “Die man se verantwoordelikheid in die huwelik – Deel 1”

Die huwelik – die historiese Christelike geloofsiening

Hier volg die vervolg van die transkripsie van die preek van Nico van der Walt, oor die beeld van God in die verhouding tussen man en vrou in die huwelik.
Skrywer: Nico van der Walt
Wat ek hier voorhou is nie my eie teologiese wieletjie nie, dit is die historiese Christelike geloof wat deur van die grootste manne en vroue van God deur die eeue en die diepste denkers as sodanig verstaan is en ons loop dus in pas met die historiese Christelike geloof.
Kom ons kyk nou na God se beeld in ons geslagtelikheid. Ons weet almal baie goed dat die lewende God wat homself geopenbaar het in Christus en van wie ons in die Bybel lees, drie Persone is. Drie Persone wat een is en tog drie Persone. Die Goddelike Drie-eenheid bring tog ‘n besondere aspek van God se beeld en wese vir ons na vore. Ek kan nie dink dat ons ooit die beeld van God kan losmaak van die feit van Sy drie-enigheid nie. In Gen 1v26 vind ons die eerste sinspeling op die Drie-eenheid – “Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld…” Kom ons maak die mens as ons teenwoordiger! Die mens as skepping van man en vrou kom tot uitdrukking op drie maniere. Dit kom tot uitdrukking in persoonlike verhoudings – veral die intimiteit tussen man en vrou in die huwelik. Tweedens sit dit in hulle gelykheid – persoonlik- en status gelykheid voor die Here. Derdens word dit gesien in die verskillende rolle wat hulle Skepper aan hulle toeken, wat God reg van die begin af aan hulle toeken. Continue reading “Die huwelik – die historiese Christelike geloofsiening”

Die beeld van God in die huwelik tussen man en vrou – Deel 1

Hier volg ‘n transkripsie van boodskappe van Nico van der Walt oor die huwelik en in hierdie artikel behandel hy inleidend die beeld van God in die man en vrou in die huwelik.
Gen 1v 26 en 27 – Toe het God gesê: “Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, Ons beeld, sodat hy kan heers oor die vis in die see, die voëls in die lug, die mak diere, die wilde diere en al die diere wat op die aarde kruip. God het die mens geskep as Sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep.”
Ek gaan by die diepste wortels en fondamente van die huwelik stilstaan. Dis baie belangrik dat ons die fundamentele beginsels van die huwelik reg het, anders word ons die prooi van die kragte van ons tyd. Die beginsels wat aangespreek gaan word is baie belangrik. Dit spreek dinge aan soos die vrou in die amp, homoseksualiteit en dan ook die huwelik. Genesis 1v26-27 is net 2 versies maar dis van die allergrootste belang! Die wortels, of fondamente, die beginsels van hierdie saak lê in die eerste 3 hoofstukke van Genesis. As Gen 1 tot 3 verwyder word uit die Bybel as deel van God se spreke dan raak die mens werklik vatbaar vir enige dwaling. Continue reading “Die beeld van God in die huwelik tussen man en vrou – Deel 1”

Karaktereienskappe van God

DIE KARAKTEREIENSKAPPE VAN GOD
Die alwetendheid van God:
Daar word ‘n fabel vertel van 6 blinde mans van Indië wat na ‘n paleis genooi was vir ‘n toer daardeur. In die agterplaas het daar ‘n olifant gestaan waaraan hulle kon gaan raak en dan moes elkeen sy kommentaar lewer:
– Die eerste man raak aan die olifant se lyf en sê dat hy soos ‘n muur is.
– Die tweede raak aan sy slurp en sê dat ‘n olifant soos ‘n slang is.
– Die derde raak aan sy tande en sê dat die olifant soos ‘n spies is.
– Die vierde man raak aan sy been en sy kommentaar was dat die olifant soos ‘n boom is.
– Die vyfde raak aan sy oor en sê dat die olifant soos ‘n groot waaier is waarmee koel gewaai word.
– Die laaste man raak aan die olifant se stert en sê dat hy soos ‘n tou is.
Die probleem was dat elkeen die olifant net aan een enkele liggaamsdeel geraak en gevoel het en daarom kon hulle nie agterkom hoe ‘n olifant nou regtig lyk nie.
Trek ons daardie fabel deur na die geestelike lewe ontdek ons dat baie mense ‘n verkeerde idee omtrent God het juis omdat hulle Hom nie van alle kante SOOS IN DIE SKRIF OPENBAAR, kan of wil sien nie. Continue reading “Karaktereienskappe van God”