Screen

Profile

Layout

Direction

Menu Style

Cpanel

For Sermons use Search in MP3 Sermon Tab

Virtuemart Shopping Cart

VirtueMart
Your Cart is currently empty.

Artikels

AA0006 Geloofsfondamente No.06 Die eer van God alleen

Geloofsfondamente No.06

Soli Deo Gloria(Die eer van God alleen) Ef. 1:3-14

Nico van der Walt

Ons kyk na Soli Deo Gloria, Die eer van God alleen. Met die oog daarop lees ek vir ons Ef. 1:3-14. Ek gaan dit vir ons in the Ou Afrikaanse Vertaling lees want die Nuwe Afrikaanse Vertaling het op strategiese punte, dink ek, dit mis.

Efesieër 1:3 “Geseënd is die God en Vader van ons Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemel in Christus, soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld, om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees, deurdat hy ons voorbeskik het om ons as Sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus na die welbehae van Sy wil, tot lof van die heerlikheid van Sy genade waarmee Hy ons begenadig het in die Geliefde”. (OAV)

Let op hierdie woorde: “Tot lof van die heerlikheid van Sy genade”. Dis hoekom Hy dit doen.  Dis op hierdie punt wat ek tog dink die Nuwe Vertaling mis dit so bietjie. Die Nuwe Vertaling sê: “Daarom moet ons God prys vir Sy groot genade”.  Natuurlik moet ons God prys, maar ek dink wat die Griekse teks hier wil sê is dat die Here God al hierdie dinge doen ter wille van die lof van die heerlikheid van Sy genade.  Die NIV-Bybel sê Hy doen dit alles “to the praise of His glorious grace”.  Dit is die selfde as die Ou Afrikaanse Vertaling.

Read more...

AA0005 Geloofsfondamente No.05 Geloof alleen

Geloofsfondamente No.05

Sola Fide (Geloof alleen)

Prediker Nico van der Walt

Ek wil net vir ons ‘n paar verse lees uit Openbaring hoofstuk 12 vers 9: “Want die groot draak, die slang van ouds wat die duiwel en die satan genoem word en wat die hele wêreld verlei, is uit die hemel uitgegooi. Hy is op die aarde gegooi en sy engele saam met hom. En toe het ek ‘n stem in die hemel gehoor wat hard uitroep ‘Nou het ons God die redding gebring, nou is Sy mag en koningskap hier en die gesag van Sy gesalfde. Die aanklaer van ons medegelowiges (die ou vertaling sê gewoon net - en so sê die Grieks: ‘…die aanklaer van ons broeders…’) is uit die hemel uitgegooi. Hy wat hulle dag en nag voor ons God aangekla het. Hulle het self die oorwinning oor hom behaal, danksy die bloed van die Lam en die boodskap waarvan hulle getuig het en hulle het nie hulle lewens so liefgehad, dat hulle onwillig was om vir Hom te sterf nie.” Nou veral hierdie vers 11 – ek lees dit vir ons uit die ou vertaling: En hulle het hom (dit is nou die satan) oorwin deur drie dinge: Eerstens deur die bloed van die Lam, tweedens deur die woord van hulle getuienis, en derdens hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie.” Nou, ons sal ‘n bietjie later terugkom na hierdie vers toe in die lig van ons lering.

Read more...

AA0003 Geloofsfondamente No.03 Genade alleen

Geloofsfondamente No.03

Sola Gratia (Genade alleen)

Nico van der Walt

Ons gaan veral kyk na die gelykenis van die Skrifgeleerde, die Fariseer en die Tollenaar. Ek gaan net eers inleidend 'n paar dinge sê voordat ons daarby uitkom.

Een van die wekroepe van die Reformasie was natuurlik “Sola Gratia”- genade alleen. Laas keer het ons gekyk na Sola Scriptura. Die Reformatore het teruggekeer na die Nuwe Testamentiese waarheid van genade alleen – dit teenoor die Rooms-Katolieke leer van genade plus werk as die grond vir ons redding. Veral het die Rooms-Katolieke kerk (en dis maar tot vandag toe so) dit beklemtoon dat dit ja, God se genade in Christus is, maar daarmee saam menslike werke en veral die gebruik van die sakramente waarvan Rome sewe het, sewe sakramente, terwyl ons glo daar is net twee. Dit was dus die groot motivering: genade alleen. Julle sal met my saamstem dat hierdie is nie maar net 'n sekondêre saak nie, dit bepaal alles, want as Rome reg is dan dink ek kan ek sê is ons verlore, want nie een van ons beoefen gereeld en gedissiplineerd sewe sakramente nie. So dit is van die allergrootste, onuitspreeklike belang dat ons die Bybel reg sal verstaan op hierdie punt.

Read more...

AA0002 Geloofsfondamente No.02 Die Skrif alleen

GELOOFSFONDAMENTE No.2

Sola Scriptura (Die Skrif alleen)

’n Reeks van preke wat Nico van der Walt gelewer het.

Terugblik

Ons het gepraat oor die absolutes in ons geloof; dat daar deur die eeue sekere vaste bakens was, sekere vaste hoekpenne, wat universeel en tydloos geldig is.  Dit is natuurlik ‘n stelling wat nie baie gewild is in ons dag nie.  Ons leef in die dag van postmodernisme en die hart van postmodernisme lê in die idee van relatiwiteit.  Alles is relatief, niks is vas nie.  Dis hoe jy dit beleef, dit is wat saak maak, maar vir objektiewe waarheid het die postmodernisme bloedweinig ruimte en dis baie algemeen in ons dag.  As ‘n mens dus praat van vaste, onwankelbare, ewige, universele waarhede, dan gaan dit teen die grein van ons dag.  Dit is nogtans wat die Bybel ons leer en ek dink wat enige normale, nugter mens besef waar is.  Alles kan nie maar net relatief wees nie.

Read more...

AA0004 Geloofsfondamente No.04 Christus alleen

Geloofsfondamente No.04

Solus Christus (Christus Alleen)

Nico van der Walt

Ons praat oor Solus Christus. Christus Alleen. Dis ‘n heerlike onderwerp. Hierdie solo dring daarop aan dat die soenverdienste van Jesus Christus alleen genoegsaam is vir redding. Die reformatore het dit herontdek nadat die kerk deur ‘n duisend jaar van duisternis oor hierdie saak gekom het na Augustinus. Daarmee wil ek nie sê dat daar niemand in daardie duisend jaar was wat die evangelie nie verstaan het in daardie tyd nie. Daar was mense wat dit verstaan het.

Read more...

You are here: Artikels/E-preke Artikels